Assistance needed to complete my novel in Afrikaans

Job ID: 33064876

Budget: $250 – $750 USD

Humoristiese kortverhale en vertellings van n seun en sy liefde vir perde wat strek vanaf kinder jare reg deur na volwassene toe. Dit laat hulle lag en dit laat hulle huil. Dit verduidelik hoekom mense so lief raak vir perde aan die wat nie perde ken nie en dit laat mense wat perde ken meedeel in die lag en die leed. Ek het die boek geskryf in meer "Kaapse dialek", omdat ek van die Oos Kaap afkomstig is. Ek geniet dit om stories te vertel al vir jare, maar ek wil tog hierdie met meer mense deel.

Die hoof storie gaan oor Texas, n perd wat van n abbatoir trok af gekoop is en myne geword het en hoe ons mekaar se pleisters was. Ek het hom opgebou van waar hy nie eers in my oe kon kyk nie. Die perd was my beste vriend, my broer en hy is in my arms dood. Ek het nooit regtig kans gehad om vir hom te groet nie en na meer 15 jaar wil ek hom ook groet deur die boek. Elke hoofstuk bevat n deel van my en Tex saam en dan slaan dit oor in kort stories en verhale van ek as kind ( wat baie meer snaaks is).

Ek besef wel, ek het dalk n bietjie meer as net "proofreading" nodig op die boek. Iemand moet my help om dit bymekaar te sit, om die gees van die storie vas te vang en te deel. Op n paar plekke kan te veel woorde die boodskap bederf en op ander kon my woorde nie die diepte genoeg vasvang nie. Hierdie stories verdien meer. Ek was eensaam as n seun, n seun wat na my pa verlang wanneer hy vir weke weg was en hom gevrees het wanneer hy terug gekom het elke 2de naweek. Perde was my terapie en was al vir baie meer mense terapie deur moeilike tye.
Related categories: Proofreading Ghostwriting Book Writing